DIE Hoërskool Cradock se kykNET nasionale toneelspel-kompetisie deelnemers het onlangs, saam met die Hoërskool Middelburg, die skool se naam in PE by die Hoërskool Framesby hoog gehou.
Cradock se deelnemers het weer eens bewys dat hulle vertonings van goeie gehalte tafel toe bring teenoor die kompetisie van stadskole.
Saam het hulle lekker gelag en trane getrek op die planke.
Die Kwaggas het werklik uitgestaan met goeie maniere en teater-etiket.
Onder leiding van Melina Smit, en juffrou Elize van Wyk het hulle die jaar dramaties begin.
Hulle verwag die uitslae vir die volgende rondte op 21 Maart.



