Dié groep jongmanne in Kroonvale het verlede Woensdagmiddag resies gejaag met hul kunstig aanmekaargewerkte draadkarre terwyl die kwik tot ‘n versengende 37°C gestyg het. Die belo-wende donderwolke het later die aand ‘n welkome bui van 8mm reën oor Graaff-Reinet neergesif. Dit bring die totale reënvalsyfer sedert Januarie 2020 vir die Graaff-Reinet Perdeskoen op 130mm, teenoor die skamele 33mm wat vir dieselfde tyd verlede jaar aangeteken is. Foto:ELSABé PIENAAR


Draadkarresies voor donderweer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article