RAADSLID Deon de Vos, burgemeester van Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit, lewer besoek aan nog vier wyke hierdie week en die laaste twee besoeke sal volgende week plaasvind.
Dit is deel van sy program om die konsep hersiende GOP en voorgestelde begroting vir 2019/20 aan gemeenskappe bekend te stel. Die munisipaliteit bestaan uit 14 wyke. De Vos het reeds besoek by gemeenskappe in die meer ontoeganklike dele van die Baviaanskloof in die verre suide afgelê, en al die pad noord na die prentjiemooi dorpie van Nieu-Bethesda. Tot dusver is die meerderheid van vergaderings goed bygewoon, met waardevolle insette vanaf die vloer.
Die interaktiewe uitreikingssessies bied ge-leentheid vir konstruktiewe besprekings en daar word ook terugvoer gegee oor kwessies van algemene belang.
Die program eindig Donderdag, 9 Mei met wyke 5 en 14 in die Alex Laingsaal in Kroonvale, om 17:00.
