“Die laatmiddag het room geword…” Dié eerste reël uit NP van Wyk Louw se gedig Karoo-dorp – someraand het al menige aspirant digters tot groter poëtiese hoogtes aangespoor. As jy nog altyd jou hand aan Afrikaanse digkuns wou waag, is die 21-dae inperking net die geleentheid waarvoor jy gewag het. ‘Komani-Karoo Express’ bied ’n Afrikaanse digkompetisie oor die 21 dae van inperking aan. Die reëls is eenvoudig: enige digter van enige ouderdom wat nog nie vantevore ’n bundel gepubliseer het nie, kan inskryf. Stuur jou gedig (maksimum van drie) met jou naam, adres en ouderdom na ellaskryf@gmail.com. ‘Komani-Karoo Express’ sal oor die volgende weke enkele hiervan publiseer en aan die einde van die inperkingsperiode sal ’n enkele wenner aangewys word. Prysgeld beloop R500. Die sluitingsdatum is middernag op 16 April. foto:ELSABÉ PIENAAR


DIGKOMPETISIE:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article