)
religious
NG Kerk Somerset-Oos: Sal nagmaal op Sondag, 10 Maart hou. Ds. Hanneke Janse van Vuren sal ook haar afskeidspreek lewer voordat sy na die Kerk van Skotland vertrek. Die jaarlikse #imagine vir 13- tot 18-jariges sal vanaf 29 tot 31 Maart in Mentorskraal, Jeffreysbaai plaasvind. Inskrywingsvorms is by Gill-Kollege of die kerkkantoor beskikbaar. Die koste beloop R450. Kontak die kerkkantoor by 042 243 2080.
) general
Sportdag: Die Primêre Skool Karel Theron sal op 9 Maart ’n o.7- en o.9-netbaldag, asook ’n o.13-Sewesrugbydag op Middelburg aanbied.
Sake-ontbyt: Sal op 12 Maart om 07:30 met die tema ‘Huidige Arbeidspraktyk’ by die Celtis-restaurant in Middelburg deur die Forum aangebied word. Die koste beloop R60. Sakelui en ander belangstellendes moet voor of op 8 Maart met Engela by 082 823 7885 bespreek.
Opedag: Die Hoërskool Middelburg se opedag sal op 12 April plaasvind. Voornemende gr. 8-leerders vir 2020 en hul ouers word genooi om die dag by Middies by te woon. Kontak die skool by 049 842 1560.
Art Quilt Exhibition: Will be presented by Sewing @ the C at Nieu Karoo Country Restaurant in New Street from April 19 to 22. The theme is “Pumpkin on the Roof”. Art works will be on sale, as well as tickets for the SA Quilters’ Guild raffle quilt in celebrating 30 years of promoting quilting in South Africa.
- Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.