)
religious

APK-gemeente:
Eredienste word elke Sondag om 09:30 in die AP-kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos gehou. Die tye van dienste kan verander.

Biddag: Middelburg se gemeenskap word genooi na ’n biddag vir reën wat op Vrydag, 1 Februarie, vanaf 13:00 tot 14:00 in die Middelburg-stadsaal sal plaasvind.

Woord- en sangdiens: Die AGS Lux Dei-gemeente in Middelburg sal op 10 Februarie om 09:30 ’n woord- en sangdiens met gaskunstenaar Chanel Wink hou. Toegang is gratis. Hamburgers teen R25 en worsbrood-jies teen R10 sal vanaf 11:30 te koop wees. Bestellings kan ook vooraf by Beatrice by 084 400 5341 geplaas word.


) general

Centenary Walk: Union High School will kick off its centenary founder’s weekend with a service at St James’s Anglican Church in Graaff-Reinet on February 1 at 08:00. After the service, staff, learners and friends of Union will walk from the church, past significant buildings in Union’s history, to the centenary walkway at the school. Refreshments will be served. Anyone with a connection to Union is welcome. RSVP with Mrs Shell at 049 891 0262.

Vrouemiddag: Alle vroue van Middelburg en die omliggende omgewing word uitgenooi na ’n gratis Giggelgeel Saamkuier Vrouemiddag saam met lagterapeut Celeste van der Walt. Dit sal op Saterdag, 2 Februarie om 15:00 by die NG Kerk Middelburg-Karoo se Klaassensaal plaasvind. Dames word gevra om iets geel aan te trek. Kontak Ronel Gouws by 084 465 3527.

Produksieveiling: Grootfontein Dohne Merinostoet se 12de produksieveiling sal op Vrydag, 22 Februarie by die Grootfontein Landboukollege buite Middelburg plaasvind. Topgehalte ramme sal teen bekostigbare pryse te koop wees. Die veiling begin om 11:00 by die wolskuur. 70 AA en A ramme, 50 dragtige stoet-ooie en 150 dragtige kudde-ooie sal aangebied word.

  • Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Die spertyd is om 10:00 elke Dinsdag. Dagboek-plasings is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article