)
religious

APK-gemeente:
Eredienste word elke Sondag om 09:30 in die AP-kerk in Pauletstraat, Somerset-Oos gehou. Die tye van dienste kan verander.

Biddag: Alle inwoners van Middelburg en omliggende gebiede word genooi na ’n biddag vir reën wat op Vrydag, 1 Februarie, vanaf 13:00 tot 14:00 in die Middelburg-stadsaal sal plaasvind.


) general

Veiling: Oos-Kaap Merino-klub en BKB sal op Vrydag, 25 Januarie om 11:00 by die Middelburg-gholfklub ’n veiling van 55 ramme en 1 000 ooie hou. Vir navrae kontak Danie Lombard (BKB) by 082 463 8822 of Thinus du Plessis by 082 772 3221.

Centenary Walk: Union High School will kick off its centenary founder’s weekend with a service at St James’s Anglican Church in Graaff-Reinet on February 1 at 08:00. After the service, staff, learners and friends of Union will walk from the church, past significant buildings in Union’s history, to the centenary walkway at the school. Refreshments will be served. Anyone with a connection to Union is welcome. RSVP to Mrs Shell at 049 891 0262.

Vrouemiddag: Alle vroue van Middelburg en die omliggende omgewing word uitgenooi na ’n gratis Giggelgeel Saamkuier Vrouemiddag saam met lagterapeut Celeste van der Walt. Dit sal op Saterdag, 2 Februarie om 15:00 by die NG Kerk Middelburg-Karoo se Klaassensaal plaasvind. Dames word gevra om iets geel aan te trek. Vir navrae kontak Ronel Gouws by 084 465 3527.

Produksieveiling: Grootfontein Dohne Merinostoet se 12de produksieveiling sal op Vrydag, 22 Februarie by Grootfontein Landboukollege buite Middelburg plaasvind. Topgehalte ramme sal teen bekostigbare pryse te koop wees. Die veiling begin om 11:00 by die wolskuur. 70 AA- en A-ramme, 50 dragtige stoetooie en 150 dragtige kudde-ooie sal aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article