)
religious


Biddag:


Inwoners van Middelburg en omliggende gebiede word genooi na ’n biddag wat op 9 Desember om 13:00 by die Midros Sportveld sal plaasvind. Die tema is “Jesus leef”. Daar sal gebid word vir gesinsgeweld, die jeug, plaasboere, werkloosheid, dwelms en geestelikheid. Almal is welkom.





) general






















Somer-basaar:
Die Elizabeth Jordaan-tehuis en Erica Sentrum hou op 3 November om 09:00 by Elizabeth Jordaan-tehuis ’n somer-basaar. Daar sal heerlike eetgoed, soetgoed en Kersgeskenke wees. Almal is welkom.


Cuppa for Cansa:
Middelburg se Cuppa for Cansa-fondsinsameling vind op 3 November om 09:30 in die Klaasensaal plaas. Dié gesellige damestee met ’n vol program se kleredragtema is “Vrolik en Vroulik” en daar sal gelukkige trekkings wees. Kaartjies teen R50 is beskikbaar by Picadilli’s, Crafty Cats en Leana Bloemiste.


Vukasebenza-skuiling:
Hou op 5 November om 17:30 hulle jaareind- vergadering by Cawoodstraat 5. Die skuiling is ’n NPO wat daagliks kos gee aan sowat 70 behoeftiges asook die uitry van geborgde etes weekliks deur vrywilligers. Donasies van kos, klere en enige ander uitgooi-goed word hoog waardeer. Almal is welkom by die vergadering. Kontak Hazel Schamrel by 073 262 5682.


Kermis:
Huis Silwerjare sal op 9 November om 09:00 ’n kermis hou by hul perseel in Somerset-Oos. Daar sal heerlike eetgoed, soetgoed en allerlei te koop wees. Daar sal ook ’n teetuin en ’n kindertafel wees. Almal is welkom.


Christmas Market:
Ouma Plaas Christmas Market will take place at the Voortrekker grounds in Beaufort Street, Somerset East on December 8 from 09:00. There will be refreshments, handmade items, home-made goods and fun for the children. Stalls are still available. Entry is R10 per adult and free for children. Contact Lizan at 084 036 0209.


Karoo Collective, Art and Design:
Karoo Collective will be hosting an exhibition of oil paintings and bespoke furniture at 108 Caledon Street in Graaff-Reinet until December 2018. For more info contact 071 464 8342 or 082 614 5833.









) entertainment



Besoek:
Dowwe Dolla en Wicus van der Merwe gaan Graaff-Reinet op 9 November om 19:30 vir 20:00 by Pioneers Restaurant besoek. Kaartjies is beskikbaar teen R120 per persoon. Kontak 049 892 6059.

  • Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article