ONGEVEER 45 boere van Middelburg en om- liggende dorpe het op Donderdag, 30 Mei ’n inligtingsdag wat deur De Heus, ’n internasionale veevoer maatskappy aangebied is, by die Middelburg Cape Club bygewoon.
Sedert 1911 het De Heus gegroei van ’n graan meulenaar in Barneveld in Nederland tot ’n leidende internasionale veevoer produsent wat sy plek stewig vol staan onder die top 15 verskaffers in die wêreld. Die Heus het meer as 5 000 werkers in diens wat hulle in meer as 75 lande verteen-woordig.
Tydens die inligtingsdag het Marius van der Westhuizen, De Heus se streeksverkoopsbe- stuurder vir die Wes- en Oos-Kaap, die gehoor meer vertel oor die geskiedenis van De Heus asook die opwindende planne wat De Heus vir die Karoo het. Dr. Johan van Rensburg, direkteur by ABE Biotec, het gepraat oor die voorberei-ding van rumen vir intensifisering asook ’n baie insiggewende lesing aangebied oor die bestuur van haarwurm in skaapkuddes.
Dr. Hendrik du Toit, ’n reproduksie veearts by Geneco, het gepraat oor die intensifisering van lam- en dektye en die bestuur daarom.
Laastens het Jurie Naudé, produkbestuurder: Ekstensiewe Ruminante by De Heus, ’n interessante lesing oor De Heus se benadering tot voeding deur hul unieke SFOS-sisteem aangebied. Naudé het verder ook De Heus se “Fostering”-konsep amptelik bekendgestel. Volgens dié stelsel word ’n lam op ’n dag oud reeds gespeen. Met hierdie ultra-intensiewe stelsel word die oorlewing van die lam bevorder, sowel as die intensiteit van die besetting van die ooi.
Die dag was ’n reuse sukses en is afgesluit deur ’n skaapbraai by die klub, geborg deur De Heus.




