OP Woensdag, 9 Januarie was ek, Koos Swanepoel van Somerset-Oos, opgeneem in die Netcare Greenacres-hospitaal vir die verwydering van kanker aan my linker nier en ’n kankeragtige klier.
Die operasie was ’n sukses en ek is dankbaar vir die Liewe Heer dat alles goed afgeloop het.
Ek wil net baie dankie sê aan die dokters en al die personeel van Netcare Greenacres-hospitaal, asook die Pink Tree-familie en vriende vir al die ondersteuning, die gebede en bydraes tydens my moeilike tyd.
’n Spesiale bedanking aan Wilma en Selma van Schalkwyk en Christine Slabbert.
Koos Swanepoel


