Sivelile Nompozolo, direkteur: sektor kolleges departement landbou, bosbou en vissery oorhandig aan Carla du Plessis die trofee vir die Dux-student van die jaar. Foto:JOHANNETTE VAN HEERDEN


’n TOTAAL van 56 studente van die Landbou- kollege Grootfontein buite Middelburg het verlede Vrydag aan die diplomaplegtigheid deelge-neem nadat hulle hul studies voltooi het.

Carla du Plessis (Muggie) van Kameeldrif-Wes (Magaliesburg) is staande toegejuig deur mede-studente, dosente en ouers toe sy as die Dux-student van die kollege aangewys is.

Sedert haar eerste jaar was sy jaarliks die Dux-student van haar jaargroep en het ’n gemiddeld van bo 90% oor die drie jaar gehandhaaf. Sy behaal onderskeidings in bykans al haar vakke en ontvang 21 trofees en skilde tydens 2019 se glansgeleentheid by die landboukollege.

Die afgelope paar jaar skop die dames behoorlik stof in die mansstudente se oë en word dit al meer die tendens dat die Dux-student van die vroulike geslag is! Vir die eerste keer in Grootfontein Landboukollege se geskiedenis is medaljes aan die top 10 akademiese studente oorhandig. Hulle is: Carla du Plessis, Nandisiwe Mbhoxwana, Athi Bekezulu, Nosiphiwo Timbela, Marthinus Boshoff, Innocentia Shiba, Adriaan Stander, Guilleame de Witt, Roegresha Lakay en Sintu Mfo.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article