DIE gemeeenskap van Michausdal by Cradock het voor Kersfees ’n wonderlike geskenk van Inxuba Yethemba-munisipaliteit (IYM) ontvang.

Die munispaliteit het 16 hoëmasligte, wat onlangs in die woonbuurt opgerig is, amptelik aangeskakel.

Volgens Mteza Sibunzi, hoof van elektrisiteitsdienste by IYM, is die maspale waarop lae-verbuik LED-ligte opgestel is, ’n groot verbetering in die beligting van die woon- buurt. Die maspale is 30 meter hoog en sodoende buite die bereik van vandale.

“Aangesien die LED-ligte ten minste vyf jaar sal hou, behoort daar nie gou weer beligtingsprobleme in Michausdal te wees nie,” het hy gesê.

Volgens Sibunzi is hierdie ’n groot verbetering op die hoëmasligte wat ’n paar jaar gelede in die Lingelihle-woonbuurt opgerig is, aan-gesien daardie maspale slegs 15 meter hoog is.

Wanneer nog twee van hierdie maspale later in Michausdal opge-rig word, sal die hele woonbuurt snags helder verlig wees.

Volgens omstanders by die amptelike aanskakeling van die nuwe ligte is hulle verheug oor die nuwe beligting en verseker dat kriminele aktiwiteite in die woonbuurt baie sal afneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article