RETIEF Odendaal, DA-lid van die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap, het Premier Oscar Mabuyane gevra om in te gryp by Inxuba Yethemba-munisipaliteit.
Odendaal het Maandag die Middelburgse sakekamer oor die stand van sake by IYM en die inhoud van sy brief aan die premier en die LUR van COGTA, Xolile Nqata, toegespreek.
Hy het die provinsie gevra om bekwame administrateurs te stuur om, in terme van seksie 154 van die wet, die ineenstorting van die munisipaliteit te keer, en dié redes aangevoer:
. Nie alleen kan IYM nie sy R100 miljoen skuld aan Eskom betaal nie, maar ook ander krediteure is gelukkig as hulle minder as ’n jaar vir betaling wag.
. Kontantvloeiprobleme lei daartoe dat die munisipaliteit sukkel om BTW en werknemers se inkomstebelasting aan SARS oor te betaal, en stoei om munisipale werknemers se mediesefondsbydraes en pensioenfondsbetalings by te hou.
Odendaal het sy kommer uitgespreek dat dié situasie tot munisipale stakings kan lei.
“’n Munisipaliteit is ’n besigheid, en slegs gesonde besigheidsbeginsels sal die finansies van IYM kan omdraai,” het Odendaal gesê. “IYM se 2019/20 begroting is onrealisties en ongelukkig gebaseer op verkeerde aannames. Die hoof finansiële beampte, Lucky Mulaudzi, het nie die ware stand van krediteure laat blyk nie, en het uitgawes onrealisties verminder in die begroting.
Vervolg op bladsy 3

