SATERDAG, 3 November gaan ’n onvergeetlike dag wees vir die vroue van Middelburg wat die damestee in die NG Kerksaal ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) bywoon.

Omdat CANSA selfonderhoudend moet wees, is dit nodig om van tyd tot tyd fondsinsamelingsprojekte te hou.

Cuppa for CANSA dien as ’n fondsinsamelingsprojek vir CANSA om die uiters nodige siftings-toetse soos papsmere, borsondersoeke en PSA-toetse (Prostaat) in die area te kan lewer.

CANSA doen ook bewusmaking by skole, kerke en besighede oor die gevare van tabak en moedig ook ’n gesonde leefstyl aan.

Verder help CANSA ook om pruike en borsprostese aan pasiënte te verskaf asook die uiters nodige ondersteuning aan kankerpasiente en hulle families.

CANSA beoog ook om ’n oplei-dingsessie vir vrywilligers in Middelburg aan te bied.

Enige belangstellendes en besighede wat graag ’n bydrae wil maak tot die spesiale oggend is welkom om vir Engela Kruger by 082 823 7885 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article