CRADOCK inwoners in die hoogliggende gebiede het oor die afgelope 44 dae sedert Desember, vir 21 dae nie water gehad nie.

Hierdie probleem word ook deur die plaaslike gevangenis en die industriële gebied ondervind.

Ten spyte van ’n optog en petisie wat oorhandig is, is daar steeds geen verbetering aan dié dienste wat Chris Hani Distriks-munisipaliteit (CHCM) lewer nie.

Jacques Jordaan, sakeman word dubbeld deur hierdie probleem getref. Sy huis is in die hoogliggende area van die dorp, terwyl sy besigheid in die industriële gebied gevestig is.

“Water gaan altyd eerste by ons weg en kom altyd laaste terug. ’n Mens kan nog ’n plan maak as die elektrisiteit afgaan, maar sonder water kan jy niks doen nie,” het Jordaan gesê.

Omdat Cradock se infrastruktuur so broos is, vind kragonderbrekings bo en behalwe Eskom se geskeduleerde kragonderbrekings gereeld plaas.

In sulke gevalle moet noodpompe aange-skakel word om water van die opgaar- damme na die suiweringswerke te pomp. Dit gebeur nie gereeld nie.

Thobeka Mqamelo, woordvoerder van CHDM, het gesê Eskom se kragonderbrekings veroorsaak dat van hul pompe (booster pump/aanjaagpomp) onklaar raak. Gevolglik kan daar nie genoeg water na die hoogliggende gebiede gepomp word nie.

Sy was onder die indruk dat dié krag en water probleme opgelos is.

Sy was ook onder die indruk dat waterlekkasies in Cradock wat aangemeld word onmiddellik aandag kry, so ook met die aanmelding van riool wat in die Visrivier vloei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article