DIE Laerskool Cradock was verras deur ’n pragtige gebaar wat hulle te beurt geval het.
Glynn Arlell van die Laerskool Carinus het ’n windpomptrofee aan Wessel Potgieter, sport-hoof van die Laerskool Cradock, oorhandig.
Goeie samewerking heers tussen die plaaslike skole en Carinus het hul opregte dankbaarheid uitgespreek vir al die bystand met die organisering van byeenkomste en die bereidwilligheid van Cradock met die gebruik van hul sportge-riewe.
Gedurende die atletiekseisoen vanjaar het die personeel van Cradock en Carinus gesamentlik verantwoordelikheid vir die reëling van die byeenkomste aanvaar.
Daar word uitgesien na nog baie jare se goeie spanwerk en samewerking tussen die twee skole, waarby die hele gemeenskap van Cradock net kan baatvind.




