CRADOCK-rugbyklub het verlede Maandag (15 Julie) kragte gemeet teen Dagbreek Koshuis van Stellenbosch.

Die Cradockers het goed gevaar en met goeie verdediging het hulle nie hul opponente toegelaat om voor rustyd enige punte aan te teken nie.

Dagbreek het ná rustyd sewe punte aangeteken en met ’n verdere drie deur Cradock, was die eindtelling 20-7 in Cradock se guns.

Saterdag (20 Julie) gaan daar baie rugby wees om te sien wanneer Cradock-rugbyklub om 15:30 op Marlow teen Kapaailand (Maclear) uitdraf.

Marlow meet dieselfde dag kragte teen Oakdale op Marlow, terwyl die Hoërskool Cradock vir Winterberg op die CHS se sportterrein aandurf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article