CRADOCK se eerste rugbyspan het weer in twee wedstryde uitgeblink wat die afgelope week ge-speel is.
Tydens die wedstryd teen Cradock Lions van Lingelihle, wat verlede Woensdagaand onder spreiligte by die Hoërskool Cradock-kampus gespeel is, en wat beskryf is as ’n “harde” wedstryd, het Cradock met 29-14 gewen.
Dewald Opperman (2), Hendrik Linde (1) en Michael Marx (1) het die drieë gedruk wat deur JD Stannard (1) en Theuns Otto (2) verdoel is. JD Stannard (agterspeler) en Dewald Opperman (voorspeler) is as die manne van die wedstryd aangewys.
Verlede Saterdag se kragmeting teen Uniondale was ook by die Hoërskool Cradock gespeel en Cradock het met 45-14 gewen.
Drieë is deur Eugene Croucamp, Willem Mosterd, Dewald Opperman, Japie Marais, Louis Botha en Ulrich Schmidt gedruk.
Theuns Otto het met al vyf die doelskoppe geslaag.
Eugene Croucamp (agterspeler) en Danny de Gouveia (voorspelers) is as manne van die wedstryd aangewys.
Die Cradock-span neem eerskomende Vrydag en Saterdag op Middelburg deel aan ’n Middelburg Eagles-toernooi waar prysgeld van R50 000 op die spel is.
Kragte word op 27 April op Cradock teen twee spanne van Grootfontein, 11 Mei op Cradock teen Kareedouw, 18 Mei op Uniondale en 25 Mei op Middelburg, teen twee spanne van Grootfontein, gemeet.



