Leerders én onderwysers van die Hoërskool Cradock het 42 eenhede bloed geskenk. Foto:VERSKAF


OM bloed te skenk verg net ’n paar minute en is een van die maklikste maniere waarop jy ’n verskil kan maak en iemand se lewe kan red.

In Suid-Afrika is daar ’n tekort aan bloed en maak die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) baie staat op mense se skenkings. Die Hoërskool Cradock is derhalwe ook trots daarop om op so ’n onbaatsugtige manier tot diens van hul medemens te kan wees.

In 2018 het Cradock ’n trofee gewen vir die skool wat die meeste eenhede bloed geskenk het en vanjaar wil die skool wéér so maak en die trofee by die skool hou.

Die eerste bloedskenkingsveldtog het op 16 Januarie by die skool plaasgevind en die leerders en onderwysers by die skool het reeds die teiken van 31 eenhede bloed oorskry – hulle het altesaam 42 eenhede ge-skenk!

Cradock beoog om aan die einde van 2019 meer as 55 eenhede bloed te skenk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article