CRADOCK Saad Verspreiders, wat boere bygestaan het om soveel as twintig ton mielies per hektaar te verbou, strewe nou daarna om boere oor die mikpunt van dertig ton per hektaar te lei.
Cradock Saad het dertig jaar gelede sy deure oopgemaak om ’n diens aan boere in Cradock en omliggende gebiede te lewer. Die onderneming het gegroei en uitgebrei, maar strewe nog steeds om elke dag die beste kliën-tediens te lewer.
Volgens Dirkie Visser, besturende direkteur, strewe sy onderneming om ’n professionele diens aan kliënte te lewer. Hulle voorsien saad, kunsmis, chemiese insekdoders, insekte-beheer en swamdoders aan boere sodat hulle die maksimum oes en die hoogste profyt kan haal. Hulle het ook hul eie vloot vragmotors wat kunsmis vir kliënte op daag-likse basis aflewer. Die firma doen ook kontrakwerk wat spuit- en gips- en kalkuitstrooi insluit.
Cradock Saad was die vader van die 20-ton Mielieklub vir vyf jaar. Nadat hierdie mikpunt, aangehelp deur Cradock Saad se kuns-misaanleg wat van die hoogste volhoubare opbrengste in Suid Afrika lewer, bereik is, is daar twee jaar gelede met die 30-ton Mielie-klub begin.
“My personeel is van die hoogste gehalte en ons streef daarna om altyd die beste diens moontlik te lewer,” het Visser gesê.
Dirkie Visser en sy personeel wil al hul ge-troue kliënte van die afgelope dertig jaar bedank.
“Sonder hulle ondersteuning sou die maatskappy nie dertig jaar se sukses kon vier nie. Ek wil ook al my werknemers van die afgelope dertig jaar bedank vir al hul lojaliteit waarsonder ons sukses nie moontlik sou kon wees nie. Alle eer aan ons Hemelse Vader. Ons vertrou dat ons nog lank tot diens van al ons getroue kliënte sal wees,” het hy gesê.
Cradock Saad Verspreiders kan gekontak word by 048 881 1366 of stuur ’n e-pos na cradocksaad@isat.co.za. Besoek gerus die perseel by Kerkstraat 3, Cradock.




