CRADOCK se rugbyklub het ’n baie suksesvolle jaar agter die rug en sal Vrydagaand, 9 November, die seisoen met ’n prysuitdeling, dans en spitbraai by Dirosie Lodge op Buffelshoek afsluit.
Volgens die organiseerders word ’n baie gesellige aand voorsien met musiek en sang deur Leslie Carbutt, ook beter bekend as die Kalahari Kaktus.
Die funksie sal om 18:30 begin. Toegang vir lede is R100 enkel, R150 dubbel en R125 vir besoekers. Kaartjies kan by Locker Room verkry word.
Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees.


