CRADOCK-rugbyklub se eerste span het ’n baie suksesvolle seisoen afgesluit met ’n oorwinning in die Markotter-toernooi in Uniondale.
Die span het vanjaar 23 wedstryde ge-speel waarvan hulle slegs drie verloor het.
Cradock wat met net 14 spelers en 3 bestuurslede na Uniondale vertrek het, het teen Uniondale, George en Ghostbusters (ook Uniondale) in die toernooi kragte gemeet. Die uitslae was soos volg:
Teen George wen Cradock 3–1. Drieë word gedruk deur Lucius Lavern, Wilhelm Mostert, Drykie Prinsloo.
Teen Uniondale speel Cradock gelykop met 2–2. Drieë word gedruk deur Drykie Prinsloo en Niekie Beukes.
Teen Ghostbusters wen Cradock 4–0 met drieë deur Wilhelm Mostert, Thabiso Mbewu, Jannie Marais en Roelof Strauss.
In die finaal het Cradock weer Uniondale aangedurf en met 4–1 gewen. Japie Marais, Drykie Prinsloo, Wilhelm Mostert en Thabiso Mbewu het die drieë gedruk.
Die tellings is elke keer bereken deur die aantal drieë wat ’n span in die stryd aan-geteken het.



