CRADOCK-rugbyspan het verlede naweek aan ’n rugbytoernooi, wat deur Middelburg Eagles aangebied was, deelgeneem.
Die span het goed gevaar in hul eerste wedstryd teen Colesberg wat hulle met 53-17 gewen het. In die tweede wedstryd teen Fort Beaufort kon die Cradock-manne net nie afrond nie en moes met ’n skrale 29-34 die knie buig.
In die uitspeelwedstryd om ’n derde plek het Cradock vir Middelburg Eagles met 38-14 ge-troef.
Danny de Gouveia, kaptein van Cradock se span, is as die speler van die wedstryd aangewys.
Cradock se drieë in al die naweek se wedstryde het gekom van Ulrich Schmidt (2), De-wald Opperman (3), Louis Botha (2), Ryan Black (1), JD Stander (2), Willem Mostert (2), Charles Jordaan (1), Japie Marais (3) en Danny de Gouveia (2).
Die manne wat vir die naweek se doelskoppe gesorg het, was Eugene Kraucamp, Rocco Gouws en Ulrich Schmidt.
Die span het R10 000 prysgeld gewen wat aangewend sal word vir reis- en ander kostes vir die span.
Eerskomende Saterdag speel die Cradock-span met twee spanne op die Hoërskool Cradock se veld teen Grootfontein.



