Cradock Rugbyklub het onlangs met 25 spelers en vier bestuurslede na Maclear gereis waar die Kapaailand Rugbytoernooi aangebied is. Agt spanne het deelgeneem en elkeen het 15 minute aan ’n kant gespeel. Cradock het eerste in sy afdeling geëindig en daarna ook vir die Buffels van Aliwal-Noord in die semifinaal met 15-5 gewen. In die finale wedstryd het Cradock teen Kapaailand gespeel en met 24-0 verloor. Die dag was net té lank en moegheid was die eindelike wenner. Cradock het deurentyd pragtige rugby gespeel. Hier is Cradock se span met die bestuur. Links is onder-voorsitter Charles Garth en sekretaris Juvan Schamrel, met president Lou Venter heel-regs. Foto:VERSKAF


Cradock klub speel in Kapaailand-toernooi

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article