CRADOCK is oorgehaal vir die 38ste Hansa Groot Visrivier-kanomarathon wat op 27 en 28 September gehou word.

Inskrywings het reeds op 1 September gesluit maar baie laat inskrywings word nog verwag. Die afdeling vir K-2 bote is vanjaar die gunste-ling aangesien die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vanjaar in hierdie afdeling op die Vis beslis word.

Daar is sover ’n totaal van 21 K-1’s wat die water op hul eie gaan aandurf asook 44 van die lywige K-3’s.

In teenstelling met ander riviere in die land wat aan ’n watertekort ly, het die departemetn van waterwese en vissery gewaarborg dat die volle 26 kumek water betyds vir die marathon in die rivier vrygelaat sal word.

’n Bonus vir toeskouers is dat die biertent vanjaar naby aan die rivierwal opgeslaan sal word en dat daar sitplek en tafeltjies voor die tent sal wees. Van hier is daar ’n goeie uitsig op die rivier en die wenstreep.

Vir roeiers wat nie kans sien vir die volle 82km nie, word daar vanjaar ’n verkorte roete gereed gemaak. Hulle sal op die eerste dag van Soutpans tot by Knutsford oor ’n afstand van 20km roei en op die tweede dag van Baroda na die dorp oor 26km.

Om almal in die regte stemming vir die Groot Vis-marathon te bring, kan roeiers op 14 en 15 September aan die Voor-Vis deelneem oor pre-sies dieselfde roete van die Vis, met dieselfde stroomsterkte van 26 kumek water.

Wêreldbekerrugby-wedstryde kan die Saterdag op grootskerm in die biertent gekyk word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article