Die jaarlikse organiseerders van die Karoo Skrywerfees op Cradock bied eerskomende naweek wat beskryf word as ‘n ‘klein en veilige’ fees aan.

“Breek bietjie weg en kom geniet die Karoo. Ons belowe baie spasie, vars lug, nuwe idees, streekkos en warm gasvryheid binne ‘n raamwerk van nougesette gesondheidsprotokol,” sê Lisa Ker, een van die organiseerders.

Dr. Dean Allen

Dr. Dean Allen. Photo: Facebook

Van die werkswinkels wat die naweek gaan plaasvind sal belangstellendes onder meer kan leer oor die 14 elemente wat vereis word vir goeie storie, aangebied deur die baie suksesvolle skrywer en fotograaf egpaar, Chris Marais en Julie du Toit, terwyl Melina Smit ‘n werkswinkel oor liedjieskryf-kuns sal aanbied.

Daar word vanjaar, vir die eerste keer in die fees se bestaan, ook ‘n virtuele program gemik op ‘afwesige vriende’ aangebied. Belangstellendes kan van 14:00 daarna luister met ‘n skakel wat verkry word deur op die Karoo Skrywersfees se Facebook-blad in te gaan.

Ander praatjies waarna oor die naweek geluister kan word, is David Hilton Barber oor sy boek oor die 1820 setlaars, Cristal Warren van Amazwi Literatuurmuseum in Makanda, oor die lewe en werk van JM Coetzee wat tans by die Schreiner-huismuseum in Cradock uitgestal word.

Vrydagaand word ‘n gesellige straatmark van 16:00 af aangebied voordat die huiskonsert by Karoo Brew afskop.

Saterdagoggend se sprekers  in die tuin van The Shed sluit in Vivian de Klerk oor haar boek Not to Mention, Tony Jackman wat oor ‘n paar van die ongepubliseerde oomblikke van gebeure in sy koskolomme in The Daily Maverick sal gesels en dr. Dean Allen wat plaaslike stories – wat hy op Cradock ontdek het – sal vertel.

Voor die tipiese Karoo-aandete waarmee die fees Saterdagaand afgesluit gaan word, sal Chris Marais en Julie du Toit hul nuutste boek, Karoo Roads, bekendstel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article