DIE Laerskool Cradock se eerste meisie- en seunshokkiespanne het onlangs na Bloemfontein getoer.
Die seuns het in hul eerste wedstryd teen Paarl Gim te staan gekom. CLS se seunspan het hierdie seisoen slegs een wedstryd gespeel en hul gebrek aan ervaring was duidelik sigbaar teen die goed-afgeronde Paarl Gim span. Terwyl die seuns hul eerste wedstryd gespeel het, het die meisiespan hul eerste afrigtingsgeleentheid bygewoon.
In die eerste wedstryd waar die meisies teen Ladybrand te staan gekom het, het hulle uitstekende spel gelewer en die wedstryd gemaklik met 5–0 gewen.
Later die Vrydagaand het die seuns in hul beste wedstryd van die toernooi met ’n gelykoptelling teen ’n gekombineerde ECHS-span geëindig. Alhoewel hulle ’n ietwat moeiliker toernooi as die meisies beleef het, het hulle nogtans elke wedstryd met durf en ywer aangepak. Hulle het op Sondag met hulle laaste telling van 2–0 die vyfde plek in die toernooi gewen.
CLS se meisies het goed gespeel en daarin geslaag om al hul groepwedstryde te wen. Daar kan ook met trots melding gemaak word van die feit dat daar geen doele teen die Cradock meisiespan aangeteken was nie.
In die finaal het die meisies teen Vrede te staan gekom en gelykop gespeel. Volgens die reëls van die toernooi, word die wenner in die geval van ’n gelykoptelling in die finaal, deur die meeste aantal doele tydens die groepwedstryde. bepaal.
Vrede het sewe doele teenoor CLS se vyf aangeteken wat CLS dus die naaswenners van die toernooi maak.
CLS het met talle pryse weggeloop:
Bianca Duvenage: Beste voorspeelster
Anné Philps: Beste doelwagter
Carla Kotzé: Beste algehele speelster
Pierre Marais en Roelof Botha word ook gekies om die ECHS o.13-span te verteenwordig op hul toer gedurende September na Holland en België.



