Cradock Hoërskool skud sy vere reg vir ’n groot makietie om die skool se 50ste bestaansjaar te vier. Dié feesvieringe geskied van 3 tot 7 Augustus. Hier staan leerders in die formasie “CHS” in aanloop tot die groot verjaardag.

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Cradock (CHS) se oudskoliere en vriende van die skool gaan vanjaar van 3 tot 7 Augustus groot makietie hou want die skool se 50ste bestaansjaar gaan tydens dié naweek gevier word.

Charles Garth, voorsitter van die skool se Oudskolierebond, nooi alle oudskoliere en vriende van die skool om die verrigtinge by te woon en die skool se 50-jaar mylpaal saam te kom vier.

Soos gewoonlik met bestaansjaarvieringe, gaan sport ’n groot deel van die naweek se program uitmaak. CHS-spanne van sowat elf sportsoorte gaan meeding teen die Hoërskool Gill van Somerset-Oos. Al die wedstryde gaan op CHS se sportgronde gespeel word.

Oudskoliere en vriende van die skool kan op Woensdag, 3 Augustus spesiale geleenthede soos ’n veevei-ling deur BKB om 11:00 en ’n duiwe-veiling en steakaand die aand in die markiestent op die skoolterrein bywoon.

Donderdag, 4 Augustus word opsy gesit vir die Big Brag op die skoolterrein.

Vrydag begin die eerste kragme-tings in tennis, muurbal en gholf. En daar gaan ook meegeding word in debat, vasvra, kookkuns en dalk gaan daar ook ’n koorkompetisie wees. Vrydagaand sal daar ’n skemerkelkie op uitnodiging aangebied word, sowel as musiekaand waar braaipakke by die Oudskoliere se klubhuis geniet kan word.

Saterdagoggend begin met ’n sjampanje ontbyt, besoek aan die skool en museum en dan volg die groot kragmeting tussen die twee skole se netbal-, hokkie- en rugbyspanne. Saterdagaand is daar weer musiek en ’n spitbraai op die skoolterrein en ’n dinee by Victoria Manor.

Sondag woon die oudskoliere die kerkdiens in NGK Cradock Noord by. Maandag sluit die oudskoliere hul besoek af met gholf.

Die jaar 1870 word algemeen aanvaar as die stigtingsjaar van die Cradock Seunskool. Dié seunsskool was in ’n paar geboue voordat dit uiteindelik in 1932 gevestig is op die terrein waar Cradock Laerskool vandag is. Dié terrein was vroeër ook die Onderwysers Opleidingkollege.

Die dorp se meisieskool, wat be-kendgestaan het as Rocklands Hoër Meisieskool is in 1875 gestig.

Dié einste meisieskool en die dorp se seunskool het in 1972 saamge-smelt en dit was die begin van die Hoërskool Cradock, een van die Oos-Kaap se top skole.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article