DIT is weer tyd dat plaaslike viertrek-entoesiaste hulle 4x4s met die groot wiele afstof en die olie nagaan, sodat die adrenalienvlakke en omwentelingmeters ewe veel opgestoot kan word tydens die jaarlikse hindernis-kompetisie.
Cradock se 4×4-klub trek op 19 en 20 Maart weg met hul jaar se be-drywighede wanneer ’n opedag, vir deelnemers sowel as toeskouers gehou word.
Die beproefde hindernisbaan, wat al menige viertrek-bestuurder op hulle neuse laat kyk het, is reg en ’n aantal verrassings wag op deelnemers.
Kompetisies word op Saterdag, 19 Maart tussen 10:00 en 16:30 gehou en daar sal pryse vir kampioene en nie-kampioene wees.
Inskrywings vir deelname is R100 per voertuig en registrasie sluit op 11 Maart 2022. Daar is ook kampeerplek en die koste is R80 per dag.
’n Spesiale 4×4-spyskaart, wat Karoolam-op-die-spit insluit, is by Jenkins Creek-ontspanningsoord vir die afsluiting op Sondagmiddag, 20 Maart saamgestel.
- Vir inskrywings of meer inligting bel André by 082 651 8938 of Jaap by 082 926 2279.

