MIDDELBURG Cobras Krieketklub het vanjaar uitgeblink as die gashere van die Sentraal Karoo Six-a-Side Kriekettoernooi.
Die puik georganiseerde toernooi het onlangs stiptelik om 08:00 by Grootfontein Landboukollege se sportgronde begin.
Die 13 spanne wat deelgeneem het was van Murraysburg, Middelburg Cobras, Willowmore, Klipplaat, Steytlerville, Masizahke (Graaff-Reinet), Jansenville en Pearston.
Volgens die kaptein van die Middelburg Cobras, George Waterberg en onderkaptein Hendrik Begoor, vind die toernooi jaarliks op een van die deelnemende dorpe in die Sentrale Karoostreek plaas en is hulle bevoorreg dat dit vanjaar op Middelburg was.
In die finaal het die spanne van Willowmore en Steytlerville teen mekaar op- geëindig waarna Willowmore as die wenners verklaar is.




