DIE Laerskool Cradock se rugby- en netbalballe is afgestof, die water- bottels is uit die stoor gehaal en spelers is in volle vaart, reg vir die seisoen se uitdagings.

Die o.13A-rugbyspan het hul seisoen met die jaarlikse Erasmus- toernooi afgeskop – wat ’n hoogtepunt op die skool se sportkalender is. Die Cradock rugbyspelers het kragte gemeet teen Ntaba Maria (20 – 0), Dr Viljoen (5 – 5), Frans Conradie (0-10), Oatlands (10-15) en Setlaarspark (15-10).

Netbal

Laerskool Cradock se o.13 A- netbalgroep het sewe van hul agt wedstryde gewen en een gelykop gespeel.

Die uitslae is: DSG (10-3); Victoria Primary (13-3); Dr. Viljoen (12-2); Kenton-on-Sea (11-4); Setlaarspark (10-4); PJ Olivier (10-1) en gelykop teen Ford Beaufort (5-5).

Die span word deur Annemie van der Walt afgerig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article