DIT is jaarliks ’n groot dag op die Laerskool Cradock se kalender om aan die interskole teen die Laerskool Gill deel te neem.
Hierdie is ’n sportnaweek waar Cradock en Gill hulle kragte teen mekaar meet om te bepaal wie gaan met die titel weg as interskole wenner.
Die Laerskool Cradock is opgewonde om na Somerset-Oos te reis en hierdie spesiale geleentheid saam met die ouers, personeel en leerders te deel.




