ALTESAAM 16 gr. 6- en 7-leerders van die Laerskool Cradock het vir die Netwerk24 wiskundekompetisie ingeskryf en hulle is slaggereed vir die uitdunne wat reeds môre plaasvind.
Die leerders het elkeen ’n geleentheid gehad om voor 1 Mei ’n oefenlopie te voltooi, net sodat hulle ’n voorsmakie kan hê van die formaat waarop die vrae gestel gaan word.
Daar is gebruik gemaak van die rekenaarsentrum van die Hoërskool Cradock, aangesien toegang tot die internet noodsaaklik is.
Die skool wens elke leerder wat aan die uitdunne gaan deelneem, voorspoed toe.
