DIE meeste van die Laerskool Cradock se leerders het aan die skool se jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms deelgeneem en verskeie rekords is verbeter.
Die eerste skoot het reeds om 06:30 afgegaan en die rasieleiers van die blou- en rooi-kleurgroepe het gesorg vir goeie gees.
Die leerders het aan verskeie baan- en velditems deelgeneem en daar was selfs by die 80m, vyf uitdunne per ouderdomsgroep.
Atlete wat rekords aangeteken het is: Meisies – Carla van der Merwe (o.11 hoogspring), Suné van Heerden (o.11 1200m), Miné Venter (o.11 gewigstoot), Megan da Camara (o.12 150m en 75m hekkies), Ameli Theron (o.12 1200m), Liané van der Walt (o.12 hoogspring) en Buhle Mgqibela (o.13 100m en 200m).
Seuns – Vuhlari Jacobs (o.10 100m en 70m hekkies), Adriano Del Guidice (o.10 hoogspring), Johan Karsten (o.12 100m), Johan Karsten (o.12 150m hekkies), Alexander Labuscagne (o.12 1200m en 150m), Paul Steyn (o.13 200m hekkies en 80m hekkies), Pierre Marais (o.13 hoogspring) en Corne Slabbert (o.13 1500m).
– MEDEWERKER




