TENNISSPELERS van Cradock Hoërskool het die jaar goed afge-slaan.
Vier spelers het aan die interpro-vinsiale tennisproewe in Port Elizabeth deelgeneem. Yahron van Dyk het uitstekend gevaar in die o.19-afdeling en 8 uit 9 wedstryde gewen.
Zanel Philps, Irene van der Nest en Danelle Theron het in die o.15-afde-ling deelgeneem. Danelle was onoorwonne, terwyl Zanel en Irene elk 3 uit 6 wedstryde gewen het.
’n Totaal van 24 van CHS se tennisspelers het aan die Sentrale Distrikte tennisproewe deelgeneem. Daar was twee groepe in elke ouderdomsgroep en die boonste drie in elke groep het deurgedring na die volgende ronde vir die kies van die OP-Plattelandspan.
Die o.16-dogters se finale proewe is reeds afgehandel en Nicola Koegelenberg (nommer 1) en Zanel Philps (nommer 4) is ingesluit in die OP-Plattelandspan.
Die volgende spelers het ook aan die finale proewe vir die kies van die OP-Plattelandspan deelgeneem:
Danelle Theron (o.14), Jeanne van den Heever (o.14), Shani Froelich (o.14), Almae Willard (o.14), Zané Joubert (o.14), Darren Collett (o.16), Damian Collett (o.19), Andrew Collett (o.19) en Yahron van Dyk (o.19).



