DIE Hoërskool Cradock se tennisspanne het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart aan die Curro-tennistoernooi in Durbanville deelgeneem.
Die toernooi het op rondomtalie-basis plaasgevind. Die deelnemende skole was die Hoërskool Stellenbosch, Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High, Hoërskool Stellenberg, Durbanville Curro, Bloemhof en Hoërskool Cradock. Alhoewel die mededinging sterk was, het die CHS-spelers hulle goed van hul taak gekwyt. Zanelle Philips (CHS) is as die speler met die beste sportmansgees aangewys.
Die seunspan het bestaan uit Yahron van Dyk (kaptein), Andrew Collett, Hendrik Fouché, Patrick Lord en Kenneth Collet.
Die lede van die meisiespan was Adri Henning (kaptein), Nicola Koeglenberg, Zanelle Philips, Ciska Kitchen en Jané de Klerk.




