DIE Hoërskool Cradock se jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms is verlede naweek gehou.
Die skool het vanjaar ’n nuwe huisstelsel waar drie spanne dwarsdeur die jaar in verskillende aktiwiteite teen mekaar gaan meeding. Tydens die kleure-atletiek het die Aloes (rooi) met 557 punte teenoor die Acacias (goud) se 463 punte en die Cycads (blou) se 445 gewen.
Een kleure-rekord het in die slag gebly toe Allessandro Hufkie in verspring meisies o.14 ’n nuwe rekord van 5,75 m (712 punte) opgestel het. Litha Hermanus, wat vyf eerste plekke behaal het, is vir die derde agtereenvolgende jaar as die Victrix Ludorum aangewys. Yahron van Dyk is die Victor Ludorum. Hy het twee eerste plekke, twee tweede plekke en ’n derde plek behaal.
Good performances
The top performance by a boy was Allessandro Hufkie’s, 23,06 s in the 200 m for B. U/14 (787 points) while Beaulane van Jaarsveld’s 9,23 m in the Shot put for G. U/19 was the top performance by a girl.
Other good performances were: Zaanri Hay G. U/17 Shot put 10,02m (734 points); Allessandro Hufkie B. U/14 100 m 11,69 s (719 points); Ian Rieck B. U/19 400m 53,09s (713 points); Donavan Alberts B. U/17 shot put 12,27 m (699 points); Showan Mayeki B. U/17 200m 23,59s (697 points), 100m 11,60s (678 points); Zanel Philps D. U/15 400m 67,82s (694 points); Litha Hermanus G. U/17 200m 29,00 (680 points).



