CHS se seëvierende eerste span wat teen Hangklip gespeel het was, van links, Sicgobile Nkosana, Andrea Felix, Chamrine Booysen, Lenay Booyden, Lindzey Munnik (afrigter), Sisanda Zenzile, Anika Hay, Beaulane van Jaarsveld en Simamkele Shweni. Foto: VERSKAF


SES netbalspanne van die Hoërskool Cradock het Saterdag, 6 April op hul tuisbaan teen Hangklip gespeel. CHS het skoonskip gemaak en al ses wedstryde gewen.

In die hoofwedstryd van die dag het CHS se eerste span goed begin en ná die eerste kwart met 6-2 voorgeloop.

In die tweede kwart het CHS hul voorsprong na 13-6 vergroot.

Daarna is ’n kwaai insinking as gevolg van ongeforseerde foute en verbroude doelkanse beleef. Hangklip het teruggeveg om die agterstand te verklein.

CHS het ná die derde kwart met 16-11 gelei. In die vierde kwart het albei spanne 5 doele aangeteken en CHS het die wedstryd met 21-16 gewen. Sisanda Zenzile is as die Speler van die Wedstryd van CHS aangewys.

Die o.19B’s het met 20-13 gewen. Die o.16A’s het met 21-9 en die o.16B’s met 28-5 geseëvier. Die o.16C-span het met 13-6 gewen. Die o.14A’s het net-net met 12-10 gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article