DIE Hoërskool Cradock se krieket-seisoen het in alle erns begin met vier wedstryde wat deur hul onderskeie spanne gespeel is.
Die eerste span het ’n T20 teen Marlow en ’n wedstryd oor 50 beurte per kolfspan teen Hanklip gespeel, terwyl die o.15- en die tweede span een wedstryd elk gespeel het.
In die eerste span se wedstryd tuis teen Marlow, het die besoekers die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Marlow het uiteindelik 177/5 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. CHS het hard teruggeveg met veral Neil Slabbert wat puik gekolf en uiteindelik 64 lopies aangeteken het.
Saam met Patrick Lord (32) was Neil betrokke in ’n vennootskap van 74 lopies om die vierde paaltjie. CHS het uiteindelik 136/5 aangeteken en die wedstryd met 38 lopies verloor.
Daarna het die eerste elftal op Queenstown teen Hangklip kragte gemeet. CHS het besluit om eerste te kolf nadat hulle die loot gewen het en uit-eindelik die mooi totaal van 239 aange-teken.
Khanya Papu met 57 en Neil Slabbert met 53 was die beste kolwers, terwyl Luandre Olivier met 26 en Musa Green met 19 ook waardevolle bydraes gelewer het.
In hulle kolfbeurt is Hangklip uitgehaal vir 126, wat aan CHS ’n baie goeie oorwinning van 113 lopies besorg het. Die beste bouler was Musa Green wat ’n goeie veelsydige vertoning afge-sluit het met ’n puik boulontleding van 5/15 in 6 boulbeurte.
CHS se o.15-span het hul tweede goeie oorwinning van die seisoene behaal deur vir Marlow in ’n wegwedstryd met 4 paaltjies te klop.
Marlow het eerste gekolf en 102/9 in hul toegelate 25 boulbeurte aangeteken. Denzil Meyers met 3/13 en Sibabalwa Poyo met 3/17 was CHS se mees suksesvolle boulers. CHS het die wenlopies in die 19de boulbeurt aangete-ken om die telling op 108/6 te staan te bring. CHS se beste kolwers was Denzil Meyers met 34 en Sibulele Poyo met 18 lopies.
Daar was groot opwinding by die spelers van CHS voor die aanvang van die tweede span se tuiswedstryd teen Hangklip se tweede span, aange-sien dit vir die meeste van hulle die eerste proesel van ’n krieketwedstryd was. Hangklip het eerste gekolf en is almal uitgeboul vir 97 lopies.
CHS se beste bouler was die kaptein Mbalentle Mdingi wat 3/13 met sy wegbreke geneem het. Hangklip het die wedstryd met 51 lopies gewen deur vir CHS uit te boul vir 46.




