Die o.15-krieketspan van die Hoërskool Cradock het op 13 Februarie met die span van Queens College op Cradock kragte gemeet.

CHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hul kolf bestendig en teken 140 lopies aan in hul toegelate 25 boulbeurte. CHS se boulers het van die begin af Queens se kolwers onder druk gesit. Uitstekende veldwerk het dit vir hulle moeilik gemaak om lopies aan te teken. CHS boul Queens uit vir 73 lopies. CHS het ’n oortuigende oorwinning van 67 lopies oor Queens gehad. Niel Slabbert (kaptein) se veldplasings en afwisseling van sy boulers was uitstekend.

CHS se beste kolwers is Niel Slabbert (22 lopies), Denzell Meyers (34 lopies) en Raywin Booysen (34 lopies).

CHS se beste boulers is Siba Poyo ( 5 boulbeurte; 2 paaltjies vir 22 lopies), Mbalentle Mdingi (2 boulbeurte; 2 paaltjies vir 5 lopies) en Jaco Slabbert (3 boulbeurte; 3 paaltjies vir 6 lopies).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article