VERLEDE Donderdag het Vuyisile Bene, Inxuba Yethemba-munisipaliteit se wyksraadslid van Wyk 9 in Middelburg, ’n dringende openbare vergadering byeengeroep om na die gemeenskap se griewe ten opsigte van watervoorsiening te luister.

“Ons is deeglik bewus daarvan dat daar tans nie genoeg water is om in inwoners se behoeftes te voorsien nie. IYM werp tans alles in die stryd om beheer van water en sanitasie terug te neem van Chris Hani Distriksmunisipaliteit (CHDM). Intussen dra ons inwoners se belange op die hart, en skakel ons deurentyd met CHDM om die situasie te beredder,” het Bene die gehoor verwelkom.

Die vergadering is bygewoon deur Theuns Malan van CHDM-waterbestuur in Middelburg, en Zanele Sinye, tegnikus van CHDM, maar geen gesagdraende amptenare van CHDM het die vergadering bygewoon nie. Bulelane Lucando, CHDM areabestuurder van tegniese dienste, het aangedui dat hy die vergadering sou bywoon, maar het nie opgedaag nie en geen verskoning gemaak nie.

Inwoners het Malan en Sinye ge-vra om te verduidelik wat die oorsaak is daarvan dat Middelburg se bo-dorp nou al maande lank selde huishoudelike water het.

Vervolg op bl.2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article