Gaste wat nie in die gastehuis wou bly nie, kon heerlik in die buitelug in hierdie tentjies in Sanctuary se pragtige tuin oornag.Photo:VERSKAF


SANCTUARY Gasteplaas het die oujaar afgesluit met een van hul gewilde Pecan-uitdaagkompetisies.

Daar was weer eens groot belangstelling en deelnemers het van so ver as Port Elizabeth gekom om kragte te meet in die hindernis- en veldpadwedrenne, sowel as bergfietsuitdaagrenne. Die byeenkoms het oor drie dae gestrek en gaste kon die kompetisies, sowel as die natuurskoon, Groot Visrivier en pekanboorde geniet. Hulle kon ook in die gastehuis tuisgaan of uitkamp op die plaas.

Uitslae is soos volg:

Hinderniswedloop mans: Dewald Opperman, Jan van Niekerk en Albert Labuschagne.

Hinderniswedloop vroue: Esmari Kernekamp, Michae Philps en Lilize Coetzee

Veldpadresies mans: Collin Albertyn, Hannes Bekker en Johan Schoeman.

Veldpadresies vroue: Joan Viljoen, Mandy Albertyn en Jo-Anne Williams.

Bergfietsuitdaagren mans: Gordon Gilfillian, Minnar Lyell en André de Villiers. Bergfietsuitdaagren vroue: Lindi van Vuuren, Katy Gilfillian en Julie van Lelyveld. – WILNA DE KLERK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article