Die historiese ou algemene handelaars-gehou in ligte laaie.

’n Historiese gebou wat vroeëer as die “General Dealers & Produce Buyers” op Burgersdorp bekendgestaan het en waarin deesdae sewe besighede sake doen, is deur ’n brand verwoes.

“Die eiendom is al vir drie generasies in ons familie,” het ’n geskokte Grania van der Walt op sosiale media gesê.

Inwoners het hul na die toneel gehaas om die brand, wat vermoedelik in die agterste gedeelte van die gebou ontstaan het, te probeer blus.

“Die versekerings-assessor moet nog met ’n ondersoek begin om te bepaal waar presies die brand ontstaan het,” het Brent Pagel, ’n besigheidseienaar van Burgersdorp gesê.

Daar was geen ernstige brandskade aan die nabygeleë poskan-toor en OVK geboue nie. Dié geboue is weerskante van die histories gebou. Dié ou algemene handelaarswinkel is regoor die dorp se NG-kerk, wat onlangs ook deur ’n verwoestende brand beskadig is.

Die historiese algemene handelaars-gehou op Burgersdorp was deur al die jare ’n bedrywige plek vir saketransaskies. Foto’s: GRANIA VAN DER WALT

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article