ANNELISE Swart het onlangs ’n ope-dag gehou waar mense van die resepte in haar nuwe kookboek kon kom proe.
Sy vertel dat sy ’n ouma van drie is wat in Cradock woon waar sy vir baie jare vir die plaaslike tuisnywerheid gebak het. Haar liefde vir kos kom van kindsbeen af waar sy by haar Ouma al die fyner kunsies van kook en bak geleer het.
Sy deel hierdie resep met Mid-Karoo Express se lesers.
Bobotie en geelrys
Voorbereiding: 20 min
Gaarmaaktyd: 20 min
Oond op 170° C
Bestanddele
600 g beesmaalvleis
2 uie – gebraai in bietjie olie
50 ml koekmeelblom
125 ml sultanas – in ’n koppie kookwater
3 snye witbrood – korsies afgesny
250 ml melk
15 ml suurlemoensap
30 ml appelkooskonfyt of blatjang
10 ml borrie
25 ml fyn gemmer
3 eiers
1 Royco tradisionele bobotiemengsel
Sout en peper na smaak
Lourierblare
Metode
Braai uie en maalvleis in kookolie tot gaar.
Voeg koekmeel en al die speserye by.
Doop brood in melk en krummel op en voeg saam met sultanas en suurlemoensap by die vleis.
Voeg appelkooskonfyt gevolg deur Royco-mengsel en die eiers by. Skep in ’n oondbak en versier met lourierblare.
Bak teen 170° C tot begin stol.
Gooi dun eierlagie op en bak tot gaar.
Eierlagie
2 eiers
125 ml melk.
Metode
Klop goed saam en gooi dun lagie oor bobotie as dit stol. Bak tot gaar.
G
eelrys
250 ml rys
500 ml koue water
110 ml borrie
5 ml suiker
5 ml sout
125 ml rosyne
Kook alles saam tot sag en droog.



