Die veiling van Döhne-merino’s afkomstig van Phillip Erasmus van Charlton se stoetery in Somerset-Oos was ‘n groot sukses. Erasmus Senior het gesê hy is baie gelukkig en dankbaar vir die goeie pryse wat hulle gekry het. Volgens hom is die merino’s spesiaal geteel vir hul vrugbaarheid, puik wol, vleis en vinnige groei van lammers. Die skape wat die beste pryse behaal het, is, van links, R31 000, R32 000 en R34 000. Van links is Ruan Cradock, Danie Strauss (BKB staande), Phillip Erasmus, Stephen Botha, Michael Botha en Dix Erasmus ná die veiling. Foto:VERSKAF


BKB-veiling is ’n groot sukses

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article