BETHESDA-HUIS, ’n ACVV Cradock-projek en huis van veiligheid vir kinders, het dringend R200 000 nodig om die huis se verbandlening te betaal, gevolglik is daar met ’n geldinsamelingsveldtog begin.

Volgens Carin Janse van Rensburg, hoof van Cradock se ACVV tak, het hulle in 2019 ’n groot geloofstap geneem om die huis in Hospitaalstraat 38 te koop sodat kinders, wat deur die hof in die ACVV se sorg geplaas word, ’n heenkome kan vind.

Janse van Rensburg sê dat, binne die geldinsamelingsveldtog, enige skenkings uit die gemeenskap hoog op prys gestel sal word.

“Maak nie saak of dit kontantskenkings, of iets is soos ’n skaap, ’n sonbril, ’n motorband, lusernbaal, kruideniersware, ’n paar tekkies of rekenaar is nie.

“Solank dit iets is wat die ACVV kan ver-koop om die R200 000 in te samel.”

  • Vir skenkings of meer inligting bel Carin by 083 391 2428 of Benita 083 277 8768.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article