NOG boere in Cradock distrik het tydelike verligting in die knellende droogte gekry met die aankoms van twee trokke vol mielies vir veevoer.

Volgens Hilton Collett, voorsitter van Cradock Distrikslandbou-unie het die 68 ton mielies waarvan die helfde geskenk is deur Vrystaat Kooperasie Beperk en die ander uit die reserwefonds van die plaaslike landbou-unie gekoop is, in Cradock aangekom het.

BKB het die mielies in 1 360 sakke van 50kg elk verpak wat pro rata onder lede van die unie in die distrik verdeel word.

Collett doen ’n beroep op boere en boereverenigings wat nie dringende hulp met voer nodig het nie, om dit terug in die poel te plaas, sodat meer behoewende boere die mielies kan gebruik.

Hoërskool Cradock oud-skolierebond het betaal vir die vervoer van ’n vrag mielies en Tafelronde het aangedui dat hulle ook gaan help om voer vir boere aan te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article