DIE jaarlikse Build It Trek 2 Teebus uitdaging het onlangs weer oor drie dae in die Steynsburg-distrik afgespeel.
Die fietsryers was dit eens dat die natuurskoon vanjaar absoluut asemrowend was, aangesien die laat somerreëns die omgewing handomkeer verander het.
Pragtige foto’s is geneem en die fietsryers was gelukkig om heerlike koel weer oor die drie dae te kon ervaar, terwyl hulle die strawwe roete gevolg het. Die organiseerders, met Charles en Claudie Viljoen aan die stuur, het gesorg dat alle aspekte van die uitdaging deeglik beplan en goed beman was met die nodige beamptes.
Die uitslae:
- Solo Dame:
1ste Hanli Cilliers
2de Rialette Kruger
3de Jolene Matthysen
- Solo Man
1ste Charl Coetzee
2de Willie Richter
3de Gerrhard Visagie
- Gemengde spanne:
1ste Tanya Kirstein en Christo Roos
2de Irmarie Venter en Fritz Pienaar
3de Angie and Andrew Terwin
- Span: Dames
1ste Zané Coetzee en Anel Strampe
2de Marie Bothma en Vienie Botha
- Span: Mans
1ste Frik Beeslaar en Charles Kros
2de Graham Barrett and Andrew Taylor
3de Willie and Nikie Pelser
Die Steynsburg-gemeenskap het ook Saterdagoggend heerlik saamgekuier by die maandelikse plaasmark, te midde van die rep en roer van die uitdaging. Die plaasmark op Harmonie is ’n maandelikse hoogtepunt op Steynsburg en dit het weer eens geensins teleur gestel nie.


