< Bettie en Chris op Buffelshoek.foto:VERSKAF


BETTIE Brits, moeder van die bekende sanger en musikant van Cradock, Chris Brits, het so pas haar 90ste verjaardag gevier.

Sy en haar man, Wikus, het hulle in 1967 op Cradock kom vestig waar Wikus later die hoofwerktuigkundige en voertuigondersoeker van die destydse Cradock-munisipaliteit geword het en hy ook sy boere-orkes voltyds aktief bedryf het.

Bettie, wat al die jare tuisteskepper en ma vir haar kinders was, en Wikus was amper 65 jaar getroud tydens sy afsterwe in 2013. Sy bly die afgelope 13 jaar by haar jongste seun, Chris, en sy vrou, Elmari, en geniet nog goeie gesondheid.

Sy is baie lief vir lees, die natuur en kuier by haar kinders. Sy het onlangs nog die 2018-oujaarsparty, waar Chris opgetree het, bygewoon. Sy geniet hierdie uitstappies terdeë.

Bettie het vyf kinders en 26 klein- en agterkleinkinders wat van so ver as Gauteng, Bloemfontein en Port Elizabeth gekom het om haar 90ste verjaardag saam met haar by Dirosie Game Lodge op Buffelshoek te vier.

“Ons dank die Here vir al die wonderlike seëninge en wens hierdie op-en-wakker ouma nog vele mooi lewensjare toe,” het Chris gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article