VERVOLG VANAF BL. 1

“Die rioolvuil vloei direk tot in die Klein-Brakrivier, wat dan in die Groot Visrivier beland.

“Die onvermoë van die distriksmunisipaliteit om sy werk te doen dra by tot grootskaalse besoedeling van die Oranje-Visrivier-waterskema wat water vanaf die Oranje- rivier tot in die Visrivier-vallei gelei. Dit is die Oos-Kaap se belangrikste waterbron,” sê Odendaal.

Basson gaan die saak na die parlement neem en ’n versoek rig dat afgevaardigdes van Chris Hani hulself en hul onvermoë moet kom verduidelik.

Basson sê hy gaan samesprekings voer met die nasionale departement van water en sanitasie, en die provinsiale departement van tradisionele sake en samewerkende regering oor die probleme in Chris Hani en die Inxuba Yethemba- plaaslike munisipaliteit, waarvan dorpe soos Middelburg en Cradock deel is.

“Toegang tot skoon drinkwater en sanitasie is van die basiese menseregte. Die Menseregtekommissie het onlangs ag geslaan op die DA se versoek om ondersoek in te stel na die ineenstorting van die voorsien-ing hiervan in die Chris Hani-munisipaliteit,” sê Basson.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article